Wednesday 23 November 2016

Piekniek ontbyt-burger




Piekniek ontbyt-burger

Bestanddele

1 sny brood...
½ koppie (125 ml) melk
500 g maalvleis
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander
1 - 2 cm vars gemmer, gerasper
1 knoffelhuisie, gerasper
½ ui, fyngekap
½ appel, gerasper
sout en varsgemaalde swart peper na smaak

Variasie: Mebos-smeer
250 ml water
3 mebos-sirkels
5 ml suiker

Metode

Week die sny brood in die melk tot heeltemal deurweek.
Meng die res van die bestanddele saam.
Druk die brood met ‘n vurk fyn en voeg by die vleis-mengsel.
Meng deeglik.
Maak 4 patties, min of meer in die vorm van die brood waarop dit bedien gaan word.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n braaipan oor matige hitte en braai die patties tot goudbruin en gaar.
Bedien op geroosterde ciabatta met boeren- en komynkaas, brosgebraaide spek en mebos-smeer.

Variasie: Mebos-smeer
Verhit die water en mebos in ‘n kastrol oor matige hitte en kook tot die mebos sag is.
Verwyder van die hitte, plaas in ‘n voedselverwerker en verwerk tot glad.
As die vloeistof ‘n bietjie min is, voeg 1 - 2 eetlepels kookwater by om ‘n sagte smeer te verkry.