Wednesday 23 November 2016

Grenadella-yskastert




Grenadella-yskastert

Bestanddele

1 pakkie Tennisbeskuitjies...
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie warm water
1 x 410 g blik ingedampte melk (laat dit oornag in yskas koud word)
1 klein blikkie grenadellapulp

Metode

Meng die water en jelliem en laat dit afkoel.
Klits die ingedampte melk tot styf.
Meng die grenadellapulp en die afgekoelde jelliewater met die melk.
Pak die beskuitjies op die bodem van 'n tertbak.
Plaas tertmengsel bo-op.
Krummel 'n beskuitjie bo-oor.
Plaas in die yskas vir een uur.