Wednesday 23 November 2016

Italiaanse brinner-tert




Italiaanse brinner-tert

Bestanddele

Kors...
2 k (500 ml) koekmeel
¼ k (± 80 ml) olyfolie
½ k (125 ml) louwarm water
2.5 ml (½ t) sout

Vulsel
250 g hoenderwors, omhulsel verwyder
2 e (30 ml) canola olie
1 ui, fyngekap
1 k (250 ml) kersietamaties
½ k (125 ml) mozzarella kaas, gerasper
3 eiers
3 e (45 ml) room
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 vars basiliekruidblare vir garnering

Metode

Kors
Voeg al die bestandele in ‘n mengbak saam en meng tot ‘n stywe deeg.
Bedek die deeg met kleefplastiek en laat vir minstens 30 minute in die yskas rus.

Vulsel
Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei, plaas in die oond en verhit tot 180° C.
Rol die worsvleis in frikkadelletjies ± die grootte van ‘n R5 muntstuk.
Verhit die olie in ‘n braaipan oor matige hitte en braai die uie tot sag.
Voeg die hoenderfrikkadelletjies by die uie en braai tot goudbruin en gaar. Laat die uie en frikkadelletjies eenkant om effens af te koel.

Berei die deeg voor
Druk die deeg met die hand plat tot ‘n sirkel van ± 30 cm in deursnee en 3 mm dik. Vorm ‘n randjie reg rondom met jou vingers.
Druk gaatjies in die kors met ‘n vurk, plaas op die warm bakplaat en bak vir 15 minute. Verwyder uit die oond en sprinkel die kaas eweredig oor die warm kors en laat toe om effens te smelt.
Versprei die uie, hoederfrikkadelletjies en kersietamaties eweredig bo- oor die kaas.
Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper en giet bo-oor die vulsel.
Bak vir 25-30 minute tot goudbruin. Garneer met basiliekruid en bedien dadelik.