Tuesday 29 November 2016

HAMBURGER PASTEIE




HAMBURGER PASTEIE
30 minute - 4 pasteie
30 ml sonneblomolie
4 klaargemaakte hamburger-patties...
8 snye cheddarkaas
2 velle (400 g elk) blaardeeg

1 eier, geklits
METODE:
Verhit jou oond tot 220 °C.
Verhit die olie in ’n pan.
Braai die hamburger-patties vir so 2 minute weerskante tot bruin.
Plaas 4 snye kaas (ewe ver van mekaar af, na die hoeke toe) op die eerste vel blaardeeg.
Sit ’n patty Bo-op elke stuk kaas.
Hoewel die vleis nog warm is, sal die kaas keer dat die deeg pap word.
Sit nog ’n sny kaas Bo-op elke patty.
Smeer die deeg rondom elkeen goed met die geklitste eier.
Plaas die tweede vel deeg oor en druk dit goed af om elke stapeltjie.
Sny die deeg rondom elke stapeltjie af en druk die deeglae weer goed opmekaar vas.
Vou die deegrande stewig om sodat die pasteie goed verseël is.
Plaas op ’n goedgesmeerde bakplaat en verf Bo-op met die geklitste eier.
Bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin. Sit voor met tamatiesous en slaai.