Thursday 17 November 2016

OONGEROOSTERDE GROENTE




OONGEROOSTERDE GROENTE
400g wortels, in lang wiggies...
4 witwortels, geskil en in kwarte
4 rooi uie, in kwarte gesny
150g klein aartappels, sny in die helfte
6 knoffelhuisies
4 eetlepels olyfolie

3 takkies roosmaryn
3 spruite vars tiemie
Oond 180 C
Plaas die wortels, witwortels, uie, aartappels en knoffel in ‘n groot oondroosterpan
Drup die olie oor die groente en meng goed. Strooi die roosmaryn en tiemie. Strooi sout en peper oor en skud goed.
Bak vir 30-40 minute (onbedek) , afhangende van die grootte van die groente en roer een keer halfpad deur die bakproses.
Wenk: Enige vars groente van jou keuse kan bygevoeg word bv blomkool, patats met skil aan, brokkoli, lang groenbone, botterskorsie blokke, patty pans ens.