Thursday 17 November 2016

KRISMIS TERTJIES




KRISMIS TERTJIES
DEEG:
200 g botter óf margarien...
60 ml koue water
30 ml strooisuiker
65 ml mielieblom
3 ml bakpoeier
410 ml koekmeel

Vulsel:
375–500 ml gemaalde Kersvulsel
BOLAAG:
180 ml strooisuiker
10 ml mielieblom
10 ml water
125g gemaalde amandels óf gemaalde okkerneute
Druppel amandelgeursel
2 eierwitte
METODE:
DEEG:
Smelt die botter en water saam. Meng die suiker, mielieblom, bakpoeier en meel in ’n voedselverwerker en voeg die bottermengsel daarby.
Pols tot ’n deeg.
Draai toe in waspapier en verkoel vir minstens 3 uur, maar verkieslik oornag.
Rol uit, druk sirkels uit en voer twee gesmeerde Hertzoggie-pannetjies daarmee uit. Verkoel tot benodig.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Skep’n eetlepel Kersvulsel op elke deegbasis.
BOLAAG:
Meng die suiker, mielieblom, water, gemaalde amandels of okkerneute en eierwitte saam.
Klits die eierwitte styf en vou hierby in.
Skep bo-op die tertjies en bak vir ongeveer 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel. Lewer 24 tertjies.