Thursday, 17 November 2016

MIELIEMEEL BESKUIT




MIELIEMEEL BESKUIT
Lewer sowat 20 beskuite
300 g (500ml) mieliemeel
300 g (535ml) koekmeelblom
100 g (125ml) suiker...
15 ml bakpoeier
3 ml sout
190 g (210ml) botter
250 ml karringmelk
METODE:
Sif droëbestanddele saam.
Vryf botter in todat dit lyk soos growwe broodkrummels.
Voeg karringmelk by en meng deeglik.
Druk mengsel vas in 'n gesmeerde broodpan van 28 x 11cm.
Bak sowat 55 tot 60 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180C. Keer uit op draadrak, laat afkoel en sny in stukke.
Droog oornag uit in lou of baie koel oond by 50C.

No comments:

Post a Comment