Thursday 17 November 2016

DIABETIESE BESKUIT




DIABETIESE BESKUIT
Lewer sowat 60 beskuitvingers.
1 kg bruismeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout ...
4 x 250 ml semels
125 ml klapper
125 ml rosyne of sultanas

500 g margarien
500 ml karringmelk
3 ekstra groot of 4 klein eiers
20 sacharienpilletjies of 4 teelepels natreenversoeter
30 ml bruinsuiker
METODE:
Stel die oond op 180 ° C.
Smeer 2 rolkoekpanne van 40 x 30 cm of een broodpan.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die semels, klapper en sultanas by en meng.
Vryf die botter of margarien met die vingerpunte in die meelmengsel in.
Klits die res van die bestanddele saam, voeg by droë bestanddele en meng.
Skep in voorbereide broodpan of rolkoekpanne.
Smeer gelyk met spaan.
Indien rolkoekpanne gebruik word - Doop die spaan in 'n bietjie water en sny die deeg in vierkante of langwerpig.
Bak sowat 30 - 45 minute tot gaar.
Laat afkoel op draadrak.
Breek los deur met 'n vurk op snymerke te steek en droog in 'n koel oond.