Tuesday, 1 November 2016

Lekker bederf idee, vars vrugte gedoop in sjokolade




Lekker bederf idee, vars vrugte gedoop in sjokolade:

BASIESE SJOKOLADE SOUS
Smelt 100 g donkersjokolade (in stukke gebreek) saam met
100 ml ingedampte melk of room ...
5 ml rum, Kahlua of Frangelico in ‘n kastrol oor lae hitte.
Roer tot glad. Sit voor


HEERLIKE MILO SJOKOLADE SOUS
Lewer ongeveer 500 ml
60 ml (4 e) volroommelk
10 ml (2 t) Milo-poeier
385 g (1 blik) kondensmelk
110 g (2 x 55 g) Bar One-sjokolade, grofgekap
1 Plaas melk en Milo-poeier saam in kastrol en verhit tot melk warm is.
2 Roer tot Milo opgelos is. Draai stoofplaat se hitte laer.
3 Voeg kondensmelk en Bar One-stukkies by. Roer oor lae hitte terwyl jy roer tot sous
glad is.
4 Sit dadelik met roomys voor.
WENK: As Milo-sjokoladesous te dik is, kan jy nog volroommelk byvoeg

SJOKOLADE NUTELLA SOUS
125 ml room
60 ml Nutella
METODE:
Gooi room in ’n kastrol.
Voeg Nutella by en verhit tot Nutella gesmelt het.
Gooi in bekertjie en sit warm voor.

No comments:

Post a Comment