Thursday 17 November 2016

Gestopte hoenderrol




Gestopte hoenderrol
Genoeg vir 4...
BESTANDDELE
15 ml olyf- of avokado-olie + ekstra
1 knoffelhuisie, fyngemaak
2 groot handevol babaspinasie
250 ml mozzarellakaas, gerasper
125 ml fetakaas, gekrummel
250 ml witbroodkrummels
1 hoender, ontbeen
geroosterde aartappels, vir opdiening
roket, vir opdiening (opsioneel)
METODE
1. Stel die oond op 200 °C. Verhit die olie oor matige hitte. Kook die knoffel en spinasie in ’n klein bietjie water tot net verlep en die vloeistof verdamp het. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Meng die verskillende soorte kaas en broodkrummels by. Geur na smaak.
2. Plaas die hoender met die vel na onder op ’n werksoppervlak en geur. Smeer die afgekoelde spinasiemengsel oor die hoender en rol dit op. Bind vas met kombuistou en plaas in ’n roosterpan. Bedruip met ekstra olie en geur. Rooster vir ongeveer ’n uur tot gaar.
3. Plaas die hoender op ’n snyplank en laat dit 5 minute staan. Verwyder die tou en sny op. Sit voor met geroosterde aartappels en roket.