Wednesday 23 November 2016

KOFFIE LIKEUR RESEPTE



KOFFIE LIKEUR RESEPTE
200 ml witsuiker
200 ml water
500 ml brandewyn
5 ml vanilla...
30 ml kitskoffiekorrels, opgelos in 'n bietjie kookwater
Plaas die witsuiker en water in 'n kastrol en verhit terwyl gedurig geroer word, totdat al die suiker opgelos is.
Laat kook sowat 6 minute lank om 'n dik stroop te vorm. Voeg die res van die bestanddele by en meng
goed. Giet in 'n skoon fles en draai die deksel toe. Bêre sowat 2 weke lank voordat jy dit gebruik.
Lewer 450 ml likeur.