Wednesday 23 November 2016

Turkse ontbyt




Turkse ontbyt
Genoeg vir 2 mense
80 ml (1⁄3 k) olyfolie
2,5 ml (½ t) komynsaad...
2,5 ml (½ t) mosterdsaad
2,5 ml (½ t) gedroogde rissievlokkies
5 ml (1 t) vinkelsaad
5 ml (1 t) paprika

3 cm-stuk vars gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 klein rooi ui, fyn gekap
1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny (wit vliesies en pitjies uitgehaal)
180 ml (¾ k) jogurt
4 eiers
’n hand vol oregoblaartjies
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Verhit die olyfolie in twee pannetjies (of een groot pan) en verdeel die komyn, mosterd, rissievlokkies, vinkelsaad en paprika tussen die pannetjies. Braai die speserye vir 4-5 min.
2 Voeg die gemmer, knoffel, ui en soetrissie by en braai oor lae hitte tot sag (verdeel steeds alles).
3 Skep die jogurt op die speserye en soetrissiemengsel, roer liggies deur, laat warm word. Maak met ’n lepel ’n klein holtetjie en breek 2 eiers in elk van die pannetjies.
4 Bak tot die eier na smaak gaar is – sowat 7-8 min. vir ’n sagte eier en 10 min. vir ’n harder eier. Strooi die orego oor en sit voor met plaasbrood vir die mopslag.