Tuesday 29 November 2016

STEAK & CHIPROLLE MET MOSTERDSOUS




STEAK & CHIPROLLE MET MOSTERDSOUS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtjips...
4-8 kits-steaks, afhangende van die grootte
80 ml BBQ-sous
4 broodrolletjies, om voor te sit
slaaiblare, om voor te sit
MOSTERD SOUS :

10 ml botter
1 ui, dun opgesny
5 ml meel
10-20 ml Engelse mosterdpoeier
omtrent 200 ml melk
METODE:
Bak die tjips en geur dit met sout sodra dit uit die oond kom.
Rooster intussen die kits-steaks vir ’n paar minute aan elke kant. Geur dit en verf dit met BBQ-sous. Hou eenkant.
SOUS:
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Soteer die ui tot sag, maar moenie dit laat bruin word nie.
Voeg die meel en mosterd by en roerbraai dit vir ’n minuut.
Voeg die melk bietjies-bietjies by en roer goed tot die sous so dik is soos jy dit wil hê. Jy sal dalk nie al die melk byroer nie.
Sny die rolletjies oop, sit ’n steak bo-op, gevolg deur ’n skep sous. Voeg die tjips en slaaiblare by