Tuesday 8 November 2016

GEMARINEERDE ROMA TAMATIE EN AVOKADO SLAAI




GEMARINEERDE ROMA TAMATIE EN AVOKADO SLAAI
RESEP
500 g Roma tamaties - gewas en halveer
80 ml Olyf olie
40 ml Appel asyn...
5 ml Basil - gedroog of 15 ml vars
5 ml Pietersielie - gedroog of 15 ml vars

5 ml Origanum - gedroog of 15 ml vars
1 Knoffel toontjie - fyn gedruk
2.5 ml Sout
10 ml Heuning
METODE
1. Hou die tamaties eenkant en meng die res van die bestanddele goed saam. Voeg nou die tamaties by en laat in die yskas marineer vir 2 ure of langer.
2. Dreineer die mengsel deur 'n siffie en sprinkel die blare wat jy opgevang het oor die tamties vir garnering.
AVOKADO SE AANMEKAAR SIT
6 Avokado pere, gehalveer en met suurlemoensap gesmeer om verbruining te voorkom.
50 ml Suurlemoensap
Neute van keuse grof gekap, gerooster indien verkies
Vars rocket of basillie kruid blare vir garnering
METODE
1. Pak die avo halwes met die tamatie mengsel en sprinkel met geroosterde neute. Sprinkel grof gekapte kruie bo oor. Hierdie slaai kan vooraf gemaak word en so in die yskas gestoor word en dadelik bedien word.
BRON: www.bosenbergguestfarm.co.za