Tuesday 8 November 2016

Steak en groente slaai




Steak en groente slaai
Resep Bestanddele
4 medium patats (1 kg tot 1,5 kg), geskrop en in 4 cm-skywe gesny
700 g kersietamaties...
3 e sojasous met ’n lae natriuminhoud
2 e balsamiese asyn
1 e esdoring- of gouestroop
varsgemaalde swartpeper en sout

1 (450 g) liesskyf-steak
600 g gekapte langblaarslaai (cos lettuce)
Resep Aanwysings
1.Berei jou rooster voor om op medium hoë hitte te braai. Meng die patats en ½ koppie water in ’n groot mikrogolf-oondvaste bak. Bedek met kleefplastiek en steek gaatjies in. Mikrogolf op hoog vir 10 tot 12 minute of tot sag. Dreineer.
2.Vou intussen ’n 75 cm by 30 cm-vel dik foelie in die lengte dubbeld. Plaas die tamaties in die middel, bring die lang kante van die foelie oor en vou dit tot dit goed verseël is. Vou die punte van die foelie toe om die sap binne-in te seël.
3.Vir die slaaisous, klop die sojasous, asyn, stroop en ’n knippie varsgemaalde swartpeper saam in ’n klein bakkie.
4.Sprinkel ’n ¼ teelepel elk sout en peper oor die vleis. Plaas dit op die warm rooster saam met die tamatiepakkie en die patats. Braai die vleis en tamaties vir 10 minute oor medium tot hoë hitte vir mediumgaar vleis. Rooster die patats vir 5 minute, draai dit een keer om.
5.Meng ’n derde van die slaaisous met die blaarslaai. Verdeel dit tussen die borde. Rond af met die vleis, tamaties, patats en die res van die slaaisous.