Thursday 17 November 2016

KERSIE EN NEUT KARRINGMELK BESKUIT




KERSIE EN NEUT KARRINGMELK BESKUIT
Lewer sowat 52 stukke
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute
Uitdroogtyd: oornag...
1 kg bruismeel

10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) sout
500 g margarien
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ k) bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk
100 g pekanneute, gekap
100 g rooi glanskersies
METODE:
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n oondbak met margarien of spuit met kossproei.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine by die meelmengsel in.
Meng die kondensmelk, suiker en karringmelk.
Voeg die droë en nat bestanddele bymekaar en meng deur met ’n houtlepel.
Meng die neute en kersies by en druk vas in beskuitpanne.
Bak 50 minute tot goudbruin of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
Keer uit op ’n draadrak, laat afkoel, sny in stukke en droog oornag uit in die oond.