Wednesday 23 November 2016

BREI: 'N KERSVADER





BREI: 'N KERSVADER
WAT HET JY NODIG ?
1 bal elk ELLE FAMILY KNIT CHUNKY
(50 g) in wit, rooi en swart en beige (aran)
5,5 mm-naalde...
Stopsel
Klokkie
Ogies
Gespe of knoop vir gordel

AFKORTINGS
aw2tes – aweregs twee steke tesame


ks – koussteek
r2tes – regs twee steke tesame
rVa – regs voor en agter in dieselfde steek

WENKE
•Brei die Kersvader in ’n drie- of vierdraad en hang dit aan die Kersboom of gebruik dit as versiering op jou Kerstafel.
•Met DK- of Chunky-breidraad is dit ’n lekker speelding vir ’n klein mensie.
•Gebruik dieselfde patroon in ander kleure vir ’n kabouter.

AANWYSINGS

Eerste been
Met swart stel 24 ste op. 1ste ry (RK): aw. 2de ry (VK): r. Herh laaste 2 rye nog 4 keer. Knip draad af. 7de ry (RK): heg rooi en r. 8ste ry: aw. Herh laaste 2 rye nog een keer. Knip draad af en sit eenkant.

Tweede been Voltooi soos eerste been, maar moenie draad afknip nie.

Lyf Vlg ry: r tot einde, bind draad van been wat jy eenkant gesit het aan draad vas waarmee jy brei en r oor vlg been tot einde. 48 ste. Vlg ry: aw oor albei bene. Werk nog 8 rye in ks, eindig met VK-ry.

Gordel Vlg ry: heg swart en aw oor ry. Vlg ry: r. Knip swart af. Gaan voort in ks met rooi vir 7 rye, eindig met RK-ry. Vlg ry: aw2tes oor ry. 24 ste. Vlg ry: rVa tot einde. 48 ste. Knip rooi af.

Kop Vlg ry (VK): heg beige en aw oor ry. Werk nog 11 rye in rs. Knip beige af.

Mus Vlg ry (VK): heg swart en r oor ry. Vlg ry (RK): aw. Vlg ry (VK): r. Knip swart af. Heg rooi en gaan soos volg voort: 1ste ry: (r10, r2tes) 4 keer. 44 ste. 2de en elke alt ry: aw. 3de ry: (r9, r2tes) 4 keer. 40 ste. 5de ry: (r8, r2tes) 4 keer. 36 ste. 7de ry: (r7, r2tes) 4 keer. 32 ste. Gaan só voort tot (r1, r2tes) 4 keer. 8 ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: (aw2tes) 4 keer. 4 ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: (r2tes) 2 keer. Vlg ry: aw. Vlg ry: r2tes. Heg af.

Arms (diesel fde) Met swart stel 20 ste op en werk 2 rye in agterstevoor-ks. Knip swart af. Heg rooi en werk in ks vir 10 rye. Heg af.

OM TE VOLTOOI

Met regte kant op mekaar werk bene afsonderlik onder en aan die binnekant toe. Werk lyf toe maar los deel in middel oop. Werk kop en mus tot op punt toe. Keer deur opening na regte kant om. Stop en werk opening toe. Met regte kante op mekaar, werk arm onder en langs sy toe, keer na regte kant om, stop en werk bokant toe. Werk weerskante van lyf vas. Ryg rooi breidraad om nek en trek effens in. Met wit breidraad en dik wolnaald, maak baard deur lusse om jou vinger te maak en dit met ’n klein stekie op gesig vas te werk sodat dit nie trek nie. Maak twee rye lusse vir baard. Werk klokkie op mus vas. Plak ogies vas. Werk neusie met swart breidraad. Werk knoop of gespe op gordel vas.
  
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared