Thursday 20 October 2016

WORTELKOEK




WORTELKOEK
VIR DIE KOEK
500 ml koekmeel, gesif
5 ml sout
10 ml bakpoeier
7 ml koeksoda, gesif
15 ml gemaalde kaneel
500 ml suiker
375 olie
4 eiers, geklop
500 ml wortels, fyngerasper
250 ml geblikte, fyngemaakte pynappel, gedreineer
250 ml okkerneute, fyngekap
250 ml droë klapper
125 ml papawersaad
VIR DIE VERSIERING
125 ml botter
250 g roomkaas
750 ml versiersuiker
5 ml vanielje-ekstrak
AANWYSINGS:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die eerste 5 bestanddele in ’n mengbak.
Meng die suiker, olie en eiers in ’n ander bak en voeg dan die wortels, pynappel, okkerneute, klapper en papawersaad by en meng goed.
Meng die eerste 5 bestanddele by die vrugtemengsel in.
Skep die deeg in ’n gesmeerde, meelbestuifde koekpan van 23 cm x 33 cm of ’n 800 g-broodpan uit.
Bak vir 50 tot 55 minute of totdat dit ferm is en mooi gerys het en van die kante af wegtrek. Laat dit effens in die pan afkoel en dop dit dan op ’n draadrak uit om af te koel. Dit moet heeltemal afgekoel wees voordat jy dit versier.
Om die versiersuiker te maak klits die botter tot dit sag is. Meng dan die roomkaas, vanielje-ekstrak en versiersuiker by tot glad.
Wenk: Moenie die beslag te lank klits nie. Hanteer dit soos muffins of ’n ryk vrugtekoek.
Jenny Morris, sê: ‘Hierdie gewilde wortelkoek van my vries fantasties en jy kan dit selfs eers versier ná jy dit onvries het!’