Tuesday 25 October 2016

Wegsteekkoek




Wegsteekkoek

Dié “wegsteekkoek” word heeltemal met vars bessies en druiwe bedek. Klik hier vir die resep, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.
Bestanddele
Kors
  • 120 g veselkoekies (gekrummel)
  • 120 g gemmerkoekies (gekrummel)
  • 3e botter (gesmelt)
Vulsel
  • 500 g roomkaas (teen kamertemperatuur)
  • ½ k suurlemoensap
  • 2 t vanielje-ekstrak
  • ½ k heuning
  • ½ k ligte bruinsuiker
  • ½ k Griekse jogurt
Bolaag
  • 3 k vars bessies (rooi, swart, blou, aarbeie, selfs druiwe)
  • 1 k druiwekorrels (ryp en groen)
Instruksies
Kors
  1. Meng bestanddele saam.
  2. Voer 22 cm-losboompan met plastiekfilm uit, genoeg om die kante ook te bedek.
  3. Druk krummelmengsel op bodem vas en plaas in yskas tot behoorlik geset.
Vulsel
  1. Meng bestanddele saam en skep bo-op kors.
  2. Maak bokant gelyk en bedek met plastiekfilm.
  3. Plaas oornag in yskas (kan tot 5 dae in yskas gehou word).
Om te bedien
  1. Plaas koek op opdienbord van ongeveer 30 cm.
  2. Bedek bo-op en rondom heeltemal met vrugte.