Tuesday 25 October 2016

Pisa-broodjies




Pisa-broodjies
Nataniël het dié heerlike Pisa-broodjies tydens ’n episode van Edik van Nantes voorberei.
4 porsies
100 g sprietuie, gekap
3 e druiwepitolie
2 t vars pietersielie, gekap
12 snye baguette
3 eiers
1 e gerasperde parmesaan
seesout
grofgemaalde swartpeper
120 g buffel-mozzarella, versigtig in skyfies gesny
Metode
Verhit 1 e olie in ’n pan en sweet die sprietuie vir 5 minute.
Skep sprietuie uit pan, meng pietersielie by en hou eenkant.
Klits eiers met parmesaan en geur liggies met sout en peper
Sny die baguette teen skuinste in 12 snye, hou snye twee-twee bymekaar sodat elke toebroodjie ’n perfekte skuinste vorm.
Doop 2 snye baguette in eier.
Plaas skyfies mozzarella op elke onderste sny, skep sprietuie bo-op en geur met sout en peper.
Bedek met ander sny.
Herhaal totdat daar 6 toebroodjies is.
Verhit res van olie in pan.
Braai toebroodjies – 2 of 3 op ’n slag – tot goudbruin aan beide kante.