Tuesday 25 October 2016

Blomkoek




Blomkoek

Probeer gerus hierdie resep vir “blomkoek”, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

Bestanddele
Koek
  • 360 g botter (sag)
  • 360 g suiker
  • 320 g koekmeelblom
  • 80 g kakao
  • 4 t bakpoeier
  • 6 eiers
  • 400 ml room (vars)
Versiersel
  • 227 g botter (sag)
  • 3 ½ k versiersuiker
  • 2 t vanielje-ekstrak
  • 4 e room
  • 2-3 A4-bladsye eetbare patroonpapier
  • gekleurde suiker
  • vars eetbare of nie-giftige blomme
   
Instruksies
  1. Maak die botter sag in ’n mengbak en voeg die vanielje en suiker by.
  2. Voeg die eiers een-een by en meng.
  3. Sif die meel, bakpoeier en kakao by en meng.
  4. Voeg room by en meng.
  5. Verdeel die beslag tussen twee 20 cm-koekpanne en bak teen 170˚C.
  6. Koel af op ’n draadrak.
  7. Maak die botter vir versiering sag in ’n mengbak, gebruik ’n handklitser.
  8. Voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by en meng.
  9. Voeg vanielje en room by en meng op hoë spoed vir 2 minute.
  10. Plaas die afgekoelde koeke bo-op mekaar met ’n laag versiering tussen-in.
  11. Bedek die res van die koek met die versiering.
  12. Sny en vou die patroonpapier rondom die koek.
  13. Sprinkel met gekleurde suiker.
  14. Plaas blomme bo-op.