Tuesday 25 October 2016

Stywepap & SpekVingers




Stywepap & SpekVingers

Genoeg vir sowat 6 mense

500 ml (2 k) water...
10 ml (2 t) sout
400-500 ml mieliemeel
15 spekvleisrepies
peuselstokkies

1. Bring die water en sout tot kookpunt en voeg die mieliemeel by.
2. Verlaag die hitte en kook tot gaar.
3. Roer elke dan en wan.
4. Spuit ’n bakplaat met kossproei en skep die gaar pap in die bak, sowat 2-3 cm dik.
5. Druk die pap stewig vas en maak die bokant gelyk.
6. Laat staan tot stewig en sny in skywe.
7. Draai ’n spekrepie om elke skyf en steek vas met ’n peuselstokkie.

 Braai die vingers op matige kole tot die spek gaar en bros is.

Wenk:
Jy kan ook ’n bakkie tamatie-en-uiesmoor hierby voorsit.