Tuesday 25 October 2016

Geskenkie vir Wagter




Hannetjie Niewenhuizen Keet
Díé het ek in die Pick n Pay se kook en kuier gekry. Net vir julle!!!

Geskenkie vir Wagter

2 k volkoringmeel ...
1 k hawermout (oats)
80 ml pietersielie, gekap
3 ml sout
2 groot eiers, geklop
1 k grondboontjiebotter
1/2 k water

MAAK 60 - 70 KOEKIES

Verhit oond tot 160 °C en voer n bakplaat met bakpapier.
Roer meel, hawermout, pietersielie en sout saam.
Meng die eiers en grondboontjiebotter by.
Roer die water by.
Keer die deeg uit op n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol 5mm dik uit.
Sny vorms uit en plaas op gevoerde bakplaat.
Bak for 40-45 minute tot goudbruin.
Bêre in lugdigte houer.

Skryf díé op n kaartjie indien jy dit as geskenkie vir iemand anders se Wagter gaan gee:

"Bederf you brakkie met 1-2 happies per dag. Bêre in n koel droë plek. Raadpleeg jou veearts as jou hond op n spesiale dieet is. Party honde is allergies vir meel."

PSSSST!

Díé happies is nét so lekker vir tweevoetiges! Sit dit voor saam met n kaasbord, maar gebruik liefs n koekiedrukker met n ander vorm....