Tuesday, 25 October 2016
Ystee
Ystee
‘n Baie lekker en gesonde alternatief vir koeldrank. En dit pas die sak ook goed.
1 liter kookwater
8 rooibosteesakkies...
1-2 koppies suiker
2-3 liter koue water en ysblokkies
1 liter Liquifruit
Suurlemoensap
Gooi 1 liter kookwater in ‘n pot saam met die teesakkies.
Laat dit vir 10min kook tot dit baie sterk getrek is. Haal die sakkies uit en gooi die suiker by (1 tot
2 koppies afhangend van hoe soet jy daarvan hou). Roer tot die suiker opgelos is.
Gooi ysblokkies by om die temperatuur af te bring en vul op met koue water tot op ‘n totaal van 4 liter altesaam. Gooi dan die Liquifruit van jou keuse (ek verkies Appel) by, en dan suurlemoensap na smaak. Lewer altesaam 5 liter ystee. As jy van ‘n sterker en soeter ystee hou, verminder die water met 1 liter, sodat daar altesaam 4 liter ystee is.
Heuning-en-lemoen-ystee
(ARINA DU PLESSIS)
2 liter warm rooibostee
30 ml heuning
500 ml lemoensap...
60 ml suurlemoensap
250 ml yskoue gemmerlim ("ginger ale")
Versoet die tee met die heuning en laat afkoel. Voeg die
lemoen- en suurlemoensap
by. Verkoel. Voeg die gemmerlim net voor opdiening by. Sit
voor met lemoen- en suurlemoenskyfi
es en baie ys.
Genoeg vir 10 mense.
TROPIESE YSTEE
750 ml sterk, koue rooibostee
250 ml pynappelsap
1 blikkie (100 g) grenadellamoes
40 g suiker (50 ml)...
gebreekte ys
glanskersies
vars pynappelblokkies
vars kruisement, gekap
1. Meng tee, pynappelsap, grenadellamoes, suiker en ys.
2. Versier met kersies, pynappelblokkies en kruisement.
CLANWILLIAM SE YSTEE
1 liter rooibostee, sterk
gedroogde skil van 1 nartjie
1 kg suiker
500 ml vars pomelosap...
250 ml suurlemoensap
250 ml lemoensap
1. Voeg die skil van die nartjie by die warm tee en laat toe om te trek.
2. Syg deur 'n fyn siffie en voeg die ander bestanddele by. Verkoel en bewaar in
die yskas.
3. Verdun na smaak met koue Rooibos, limonade of sodawater.
Garneer met suurlemoenskyfies en ysblokkies.