Tuesday 25 October 2016

Spinasie-en-mielie-bakkies



Spinasie-en-mielie-bakkies (maak 12)
Bestanddele...
•410 g geroomde suikermielies
•4 eiers geklits
•3 groot spinasieblare (of 2 tot 3 handevol babaspinasie)
•100 ml koekmeel
•15 ml olyf- of avokado-olie

•5 ml paprika
•1,2 ml sout
• suurlemoensap
• swartpeper
Instruksies
1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer ‘n muffinpan liggies met olie.
2. Meng al die bestanddele in ‘n groot bak saam tot goed gemeng. Geur na smaak met suurlemoensap en peper.
3. Skep mengsel in muffinpan en sprinkel ekstra paprika oor. Bak 20 minute of tot gestol en gaar. Skep uit die pan en laat afkoel.
4. Wenk: Geniet die bakkies warm of teen kamertemperatuur.
5. Wenk: Strooi sesamsaad oor voor dit gebak word.