Tuesday 25 October 2016

Grenadella tert




Petro se Grenadella tert
1x200 g klapperkoekies , fyn gedruk
100 g botter , gesmelt...
30 ml koue water
15 ml gelatien
30 ml kookwater

Pulp van 9 grenadellas of 2 x 115g blikkies grenadella.
1x 250 g geroomde maaskaas
1 x 230 g ongegeurde roomkaas
250 ml room
180 ml strooisuiker
Meng die koekieskrummels en botter goeden druk dit teen die boom en kante van n middelslag-tertbord vas. Verkoel tot benodig . Giet die koue water in n bakkie en sprinkle die gelatien bo-oor . Laat staan vir 5 minute . Klits intussen die maaskaas en roomkaas saam tot glad . Roer die helfte van die grenadellapulp by die kaasmengsel . Giet die kookwater oor die gelatienmengsel en roer tot opgelos en helder .Voeg by die kaasmengsel en meng goed. Klits die room en strooiuiker saam styf en vou by die kaasmengsel in . Giet die mengsel in die krummelkoers en smeer gelyk . Skep teelepelsvol van die orige grenadellapulp oor die tert en trek n tafelmes se lem daardeur om dit deur die kaaskoekvulsel te marmer . Verkoel tot ferm .