Tuesday, 18 October 2016

Sankie Ferreira se Lams/skaap rib in die oond




Sankie Ferreira se Lams/skaap rib in die oond
Kook skaaprib met beesvleis ekstrak. blokkie in stoompot tot murgsag, so 20 minute. Meng 50ml appelkooskonfyt 25ml tamatiesous en 12.5ml elk van asyn, Worcestersous, sojasous. 5ml elk aromat, braaivleisspesery en knoffelsout, tot gladde pasta. Verf oor rib en braai onder oondrooster. Draai om verf nog sous oor en braai onderkant tot bros.
Het die reseppie donkie jare terug in tydskrif gekry en na al die jare,die lekkerste wat ek nog geproe het. As dit ‘n groot rib is maak sous dubbeld aan. Probeer dit, is vinger afeet lekker, promise !

No comments:

Post a Comment