Thursday, 20 October 2016

Piesang en vla tert




Piesang en vla tert
Kors : Voer tertbak uit met 'n koekiekors.
Verhit 500 ml melk en 45 ml suiker tot net voor kookpunt in ’n kastrol. Haal af van hitte. Meng 60 ml vlapoeier met melkmengsel. Plaas op stoof en verlaag hitte.
Roer vla tot verdik. Laat afkoel vir so 15 minute. Sny 3 piesangs in skywe en gooi 30 ml suurlemoensap oor. Skep piesangs in tertdop en gooi vla bo-op. Meng 2 blikke kondensmelk met 200 ml suurlemoensap en skep bo-op vla. Plaas in yskas vir minstens 4 uur voor jy dit voorsit.

No comments:

Post a Comment