Tuesday 4 October 2016

Peperment-tert



Peperment-tert
Genoeg vir 1 tert
Bereidingstyd: 35 minute, plus oornag
• 250 ml klitsroom (of Orley Whip)
• 1 blik (385 g) gekoopte karamel of maak jou eie*
• 15 ml gelatienkorrels
• 400 g Peppermint Crisp-sjokolade, gekap
• 1 pak (200 g) tennisbeskuitjies
1. Klits die room tot styf (hou ’n skeppie uit om later oor te skep) en vou die karamel saam met 300 g van die sjokolade daarby in. Meng die gelatienkorrels met 50 ml koue water en laat staan vir 5 minute tot gespons. Smelt die gelatien dan oor warm water en roer by die roommengsel. Voer ’n broodpannetjie met kleefplastiek uit en pak ’n laag beskuitjies op die bodem en teen die kante van die pannetjie. Skep ’n derde van die vulsel versigtig in sodat die beskuitjies nie te veel rondskuif nie. Pak dan ’n laag beskuitjies bo-op, gevolg deur nog vulsel, ’n laaste laag beskuitjies en dan die res van die vulsel (as daar oorbly, laat stol dit in ’n proebakkie of smul wanneer niemand kyk nie). Verkoel oornag of tot gestol.
2. Om voor te sit Keer die tert uit (ja, dop hom om!), verwyder die kleefplastiek en skep nog ’n bietjie geklitste room en die oorblywende sjokolade oor, en sny in skywe.
 
Maak jou eie karamel: Bedek ’n blik kondensmelk met water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en kook vir 2ó uur. Maak seker die blik bly te alle tye met water bedek. Laat in die water afkoel.