Tuesday 4 October 2016

KLAPPER PLAATKOEKIES MET SPEK




KLAPPER PLAATKOEKIES MET SPEK  
Genoeg vir: 4
PLAATKOEKIES
4 eiers
15ml vanielje-ekstrak (opsioneel)
15ml water
1,25ml Himalaja-sout
1,25ml koeksoda

35g klappermeel
15ml botter
VIR VOORSIT
150g spek, brosgebraai
4 tamaties, in skyfies gesny
METODE: 
Klop die eiers, vanielje, water, sout en koeksoda saam in ’n bak met ’n elektriese klitser.
Voeg die klappermeel by en hou aan klits totdat die mengsel glad is.
Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan. Skep eetlepels vol beslag in die pan. Braai die plaatkoekies vir 1–2 minute tot die beslag effens ferm is; draai dit om en braai vir nog 1–2 minute.
Sit voor Top die plaatkoekies met spek en tamatie. Drup gerus die uitgebraaide vet van die spek oor.