Wednesday 5 October 2016

Klassieke skons


Klassieke skons
• 375 g bruismeel
• 15 ml suiker
• knippie sout
• 100 g botter by kamertemperatuur
• 150 ml melk
• 50 ml water
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sif die bruismeel, suiker en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunte daarby in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Hou jou hande hoog bo die bak om lekker baie lug in te werk.
Voeg die melk en water by en gebruik ’n mes om die vloeistof by die droë bestanddele in te sny. Dit sal begin bymekaar kom om ’n sagte, effens klewerige deeg te vorm.
Keer die deeg uit op ’n skoon oppervlak en knie dit vinnig en liggies totdat dit net-net glad is – moenie te veel meng nie. Voeg ’n bietjie ekstra meel by, indien nodig. Druk die deeg in ’n plat skyf en sny dan sirkels uit met ’n 4 cm koekiedrukker wat met kleefwerende sproei gespuit is. Die resep maak 6 groot skons. Knie enige orige stukke deeg weer liggies saam en herhaal die proses.
Pak die skons styf teen mekaar op ’n gesmeerde bakplaat en verf met ’n bietjie melk; die skons hou mekaar regop. Bak dit vir 15−20 minute tot goudbruin en gaar en laat dit op ’n draadrakkie afkoel.