Tuesday, 4 October 2016

LEKKERSTE KLAM VRUGTEKOEK



LEKKERSTE KLAM VRUGTEKOEK
1,25 kg vrugtekoekmengsel
500 g dadels, fyn gesnipper
500 g verglansde vrugte
125 grooi glanskersies...
500 ml brandewyn
500 ml suiker

500 g botter
4 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml foelie ("mace")
Dag 1: Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde
vrugte, kersies en brandewyn
saam, bedek en laat staan vir 24 uur.
Dag 2: Voorverhit die oond tot 150°C en voer ’n diep pan
van 26 cm met drie lae bakpapier
uit. Draai ’n kraag van bruinpapier buite-om.
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke
byvoeging. Voeg die vrugte-en-brandewynmengsel
by en roer goed.
Voeg die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en foelie ("mace")
by en meng goed. Skep
in die voorbereide pan, smeer gelyk en bak vir ongeveer 3
uur of tot deurgaar.
Laat in die pan afkoel. Lewer een groot koek.
Nota: Geen brandewyn hoef ná die tyd oor die koek gegooi
te word nie. Sodra dit afgekoel
is, is dit reg om te eet en proe dit of dit vir maande
rypgemaak is.
Die koek hou vir minstens 1 jaar in die ys- of vrieskas
(mits lugdig verpak).
Bron: BETS DE KLERK

No comments:

Post a Comment