Tuesday, 25 October 2016

MAKLIKE TUNATERT




MAKLIKE TUNATERT

LEWER 1 TERT VAN 20 CM
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 35 minute...

2 eiers, effens geklits
5 ml (1 t) worcestersous
1 blikkie (170 g) tuna in pekelwater, gedreineer
1 klein ui, gekap
45 ml (3 e) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pasteibak van 20 cm.
1.Plaas al die bestanddele in ’n bak. Hou ’n bietjie kaas eenkant om bo-oor te sprinkel.
2.Meng goed en skep in die gesmeerde bak. Sprinkel die orige kaas oor. Bak 35 minute tot gestol en goudkleurig.
3.Sit warm of koud voor.
van Huisgenoot

No comments:

Post a Comment