Thursday, 13 October 2016

Espressekoekies



Espressekoekies
Maak 36 koekies
Dis nogal ’n stywe deeg en spuit nie maklik nie. Jy kan andersins teelepels vol van die mengsel op die bakplaat skep. Die koekie het ’n heerlike brosbrood-tekstuur, maar is nie baie soet nie.
500 ml (2 k) koekmeel
60 ml (¼ k) mielieblom (maizena)
265 ml (1 k + 1 e) sagte botter
80 ml (1⁄3 k) sagte bruinsuiker
80 ml (1⁄3 k) goeie kitskoffie
Koffiebone om mee te versier
Voorverhit die oond tot 160 °C
1 Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
2 Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak.
3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by.
4 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.
5 Druk ’n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.
6 Bak vir 25 Min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.

No comments:

Post a Comment