Thursday 13 October 2016

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters



Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters
Maak 24 groot koekies
Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat dit heilsame happies vir die kinders is.
250 ml (1 k) sagte botter
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
2 eiers
8 ml (½ e) vanieljegeursel
3 ml (½ t) koeksoda
Knypie sout
250 ml (1 k) koekmeel
560 ml (2¼ k) hawermout
375 ml (1½ k) fyn klapper
350 g (3½ blokke) donkersjokolade, fyn gekap
180 ml (¾ k) heel amandels skil en al, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
1 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
2 Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
3 Skep ¼ k grootte balletjies 2 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
4 Bak vir 15-20 min. tot Goudbruin. Draai die bakplaat ná 10 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.