Wednesday 26 October 2016

Bottel jou eie reeks bad- en lekkerruikgoed

Selfdoen-bederf

Bottel jou eie reeks bad- en lekkerruikgoed – dis glad nie moeilik nie, jy kan heerlik kreatief raak, en as ’n geskenk is dit die beste bederf wat jy vir iemand kan gee. Hier is ’n paar idees om jou aan die gang te kry.


Ryk lyfskrop met koffie en kakao
Dié skropmiddel sal jou vel sy-sag laat voel en dit bevog.

Jy benodig
Vir twee koppies:
12 koppie olyfolie
12 koppie sonneblom- of kanola-olie
• 2 eetlepels gemaalde koffiebone
• 11/3 koppie bruinsuiker
• 1 eetlepel kakaopoeier

So maak jy
1
Gooi al die bestanddele in ’n mengbak en meng dit goed.
2
Gooi die mengsel in ’n fles met ’n wye nek.
3
Om te gebruik, skud goed en masseer twee tot drie eetlepels liggies in jou vel in. Los vir ’n paar minute aan en spoel af.


Variasies
• Jy kan enige plantaardige olie pleks van die olyf- of kanola-olie vir die resep gebruik.
• Vervang die suiker met growwe- sout vir ’n soutskrop.
• Gooi ’n paar druppels vlugtige peperment- of laventelolie by die mengsel, as jy wil.

Verpak dit so
Sit ’n mooi lepel daarby om dit mee te roer, plus aanwysings oor hoe om dit te gebruik.

WENK Pols die suiker vir ’n paar minute in ’n voedselverwerker as jy hou van ’n fyner skrop.

IDEES/IDEASE


Melkbad met kalmerende laventel en kamille
Dis bekend dat die aminosure in melk help om jou vel sag te maak en dit te bevog, terwyl laventel en kamille jou lekker laat ontspan.

Jy benodig
Vir twee koppies:
• 1 koppie melkpoeier
12 koppie mielieblom
12 koppie Engelse sout
• 1 eetlepel olyfolie
• 40 druppels vlugtige laventel-olie
• 1 koppie sterk kamilletee

So maak jy
1
Gooi al die droë bestanddele in ’n bak en meng dit goed.
2
Voeg die olyfolie, vlugtige olie en kamilletee by die droë mengsel en meng dit goed.
3
Om te gebruik, voeg drie eetlepels by jou badwater.

Variasie Jy kan ’n paar druppels koskleursel by die mengsel roer om dit ’n ligte laventelkleur te gee.

Verpak dit so Druk woorde soos ‘ontspan’ en ‘versorg’ op ’n vel asetaat uit. Sny die asetaat sodat dit in ’n glashouer sal pas en ’n mens die woorde van die buitekant af kan sien. Onthou om die gebruiks- aanwysings by te sit.

Let wel Onthou dat dié resepte geen kunsmatige preserveermiddels bevat nie. Gooi die mengsels in ’n glasfles of ’n ander lugdigte houer en bêre dit in die yskas. Gebruik dit binne drie dae nadat jy dit oopgemaak het.

Ment-en-gemmer-voetbad
Engelse sout het baie gesondheidsvoordele, byvoorbeeld om velprobleme te behandel, die senuwees te kalmeer en die liggaam te ontgif. Ment gee ’n vars geur en gemmer bevorder die bloedsomloop.

Jy benodig
Vir een koppie:
12 koppie growwe seesout
12 koppie Engelse sout
• 1 teelepel fyn gemmer
• 2 eetlepels droë peperment (opsioneel)
• 15 druppels vlugtige peperment-olie

So maak jy
1
Gooi al die droë bestanddele in ’n bak en meng dit goed.
2
Voeg die peperment-olie by en meng dit goed.
3
Om te gebruik, gooi twee eetlepels in ’n bak met warm water. Laat week jou voete vir 10 minute daarin.

Variasie Gebruik droë roosmaryn pleks van die droë peperment.

Verpak dit so Druk die gebruiksaanwysings agterop die produknaam uit.

IDEES/IDEASE


Gesigskrop met klapper en hawermeel
Dié skropmiddel sal jou gesig ’n gesonde gloed gee en is geskik vir alle veltipes. Dit kan ook as ’n masker ingespan word. Borrie help glo vir aknee en vlekke op die vel.

Jy benodig
Vir een koppie:
12 koppie fyngemaalde hawer
• 4 eetlepels droë klapper
• 2 eetlepels melkpoeier
• 1 eetlepel borrie
• gedroogde roosblare (opsioneel)

So maak jy
1
Gooi al die bestanddele in ’n bak en meng dit goed.
2
Vir ’n droë vel, meng twee teelepels van die poeier met olyfolie of jogurt tot ’n dun pasta. Vir ’n normale tot olierige vel, meng dit met water of rooibostee. Masseer dit in jou vel in nadat jy dit gereinig het, los aan vir 15 minute en spoel af.

Verpak dit so Maak ’n glashouer halfvol met die mengsel en sit ’n droë roosknop bo-op as versiering. Onthou om die gebruiksaanwysings by te sit.

Lekkerruik-sakkies vir jou kas met kaneel en lemoen
Dié sakkies is wonderlike presente, want dit laat nie net jou kas lekker ruik nie, maar hou ook die motte weg.

Jy benodig
Vir twee koppies:
• gedroogde lemoensnye, in stukkies gebreek (sien stap 1 hieronder)
• geurige gliserienseep, grofgerasper
• heel kaneelstokkies, in stukkies gebreek
• heel naeltjies

So maak jy
1
Maak eers die gedroogde lemoensnye: Sny ’n lemoen in dun snye. Pak die snye op kombuispapier en mikrogolf dit op hoog vir twee minute. Haal dit uit die mikrogolf en pak dit op ’n vel bakpapier. Droog dit vir ’n paar uur in die oond teen 80 °C.
2
Meng al die bestanddele versigtig.
3
Skep die mengsel in klein organza-sakkies.

IDEES/IDEASE


Kamer-en-linnesproei
Dié mengsel sal jou kamer en bedlinne heerlik vars laat ruik.

Jy benodig
• 300 ml gedistilleerde water
• 5 ml vlugtige olie van jou keuse

So maak jy
1
Meng die water en die vlugtige olie saam.
2
Gooi dit in ’n spuitbottel.
3
Skud goed voor gebruik.

Variasie Pleks van 300 ml gedistilleerde water, kan jy 100 ml reuklose alkohol, soos vodka, met 200 ml water meng. Dit sal die produk ’n langer raklewe gee en die vlugtige olie beter met die water laat meng.

WENK Dis belangrik om gedistilleerde water te gebruik, aangesien dit bykans geen onsuiwerhede en chemikalieë bevat nie.

IDEES/IDEASE
 
(Idees)