Thursday 15 September 2016

VRYSTAAT FRIIS MELKTERT RESEP




VRYSTAAT FRIIS MELKTERT RESEP wat ek gekry het van JENS FRIIS UIT BLOEMFONTEIN uit sy ma – NAOMI FRIIS - se PHLLIPOLIS KONTREI kombuis IN DIE SUID VRYSTAAT

Kors
Bestanddele
• 1 Eiergeel...
• ½k Botter
• 1k Meelblom
• 1t Bakpoeier
• Sout
Metode
1. Meng die eiergeel en ½ koppie botter.
2. Meng die eiergeel-en-botter mengsel met die res van die bestanddele. As die mengsel te styf is voeg bietjie melk by.
Vulsel
Bestanddele (1)
• 2½k Melk• 2e Margarien• 3 Eiergele• 2e Hoogvol Maizena• 2e Meelblom• ½k Melk
Metode (1)
• Kook die die melk en margarien saam tot die margarien gesmelt het.
• Meng die 3 eiergele, maizena, meelblom, ½ koppie melk tot ‘n gladde pasta.
• Meng die gekookte melk en pasta saam en kook tot gaar.
Bestanddele (2)
• ½k Suiker• 1t Vanielje• 1t Amandelgeursel• 3 Styfgeklopte eierwitte
Metode (2)
1. Gebruik ‘n slaplemmes en voeg die suiker, vanielje, amandelgeursel en styfgeklopte eierwitte by die mengsel.
2. Bak teen 180°C vir ½ uur.