Tuesday 27 September 2016

SPINASIE-EN-KAAS BRAAIPASTEI




SPINASIE-EN-KAAS BRAAIPASTEI

‘n Briljante idee as bykos by jou volgende braai

Genoeg vir 6 mense...
Bereiding: 10 minute
Braaityd: 20-30 minute

Bestanddele:
2 rolle (400 g elk) skilferkorsdeeg
1 ui, in skyfies gesny
2 hande vol babaspinasie
1 pakkie (50 g) wituiesoppoeier
2 wiele fetakaas
100 g mozzarellakaas, gerasper
60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas
1 eier, geklits

Metode:
1.Spuit ’n skoon rooster met kossproei.
2.Plaas een van die velle deeg op die rooster. Versprei die ui en babaspinasie bo-oor. Sprinkel die soppoeier oor.
3.Sprinkel die feta, mozzarella en parmesaan oor.
4.Plaas die ander vel deeg versigtig bo-op en seël die kante met ’n vurk. Verf met die geklitste eier en knyp die rooster toe.
5.Braai 20-30 minute oor matige kole of tot gaar en goudbruin aan albei kante.