Tuesday 27 September 2016

Top Deck Sjokolade Bruintjies



Top Deck Sjokolade Bruintjies
Lewer 12

Bestanddele:
Bruintjies:...
100 g sjokolade, fyn gekap
250 g botter, kamertemperatuur
500 ml (2 k) bruinsuiker
4 eiers
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
250 ml (1 k) meel

Koekiedeeg:
160 g botter
180 ml (¾ k) bruinsuiker
180 ml (¾ k) strooisuiker
45 ml (3 e) melk
7 ml (1½ t) vanielje-estrak
375 ml (1½ k) meel
70 g sjokoladeskyfies

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n pan uit met genoeg foelie dat dit aan al vier kante oorhang. Smeer die foelie.

Bruintjies:
1. Smelt die sjokolade in ’n glasbak in die mikrogolf tot glad terwyl jy ná elke 30 sekondes roer.
2. Sit eenkant om effens af te koel.
3. Meng die botter en bruinsuiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
4. Klits die eiers en vanielje in.
5. Meng die gesmelte sjokolade in tot deurgemeng.
6. Voeg die meel by en meng tot net deurgemeng (moet dit nie te veel meng nie).
7. Smeer die beslag in die voorbereide pan.
8. Bak 30 minute tot amper deurgaar.

Koekiedeeg:
1. Meng die botter, bruin- en versiersuiker met ’n elektriese menger op matige spoed in ’n middelslag-bak.
2. Voeg die melk en vanielje by en meng deur.
3. Meng die meel in tot net deurgemeng.
4. Roer die sjokoladeskyfies met ’n rubberspatel in.
5. Versprei die koekiedeeg oor die bruintjiebasis.
6. Bak 15 minute of tot ’n tandestokkie skoon uitkom.
7. Laat afkoel en plaas sowat ’n uur in die yskas tot die deeg ferm is.

**Sny die bruintjies met ’n skerp mes.