Tuesday 13 September 2016

Sjokolade Muffins




Sjokolade Muffins
Jy benodig die volgende:
Snowflake se Chocolate muffin mix (of enige ander kolwyntjiebeslag)
'n Pakkie Oreo-koekies (of twee)
'n Blikkie karamel-kondensmelk (of kook 'n blikkie gewone kondensmelk om jou eie te maak)...
'n Paar velletjies was- of bakpapier
'n Kolwyntjiepan

Metode

Lê die holtes in jou kolwyntjiepan uit met waspapier of sogenaamde "liner". Plaas 'n Oreo-koekie in elke holte, bedek jou Oreo-koekie met 'n stewige lepeltjie karamel voordat jy die res van die koekie en die kolwyntjieholte met jou muffinbeslag opvul. Plaas in die oond (180C) en bak soos die gewone muffin wat jy sou maak, aanbeveel. Haal uit wanneer "gaar". Laat taamlik goed afkoel en bedien...