Tuesday 13 September 2016

Ontbyt Brood ala Jamie Oliver




Ontbyt Brood ala Jamie Oliver
Ek het hierdie resep so 'n paar jaar terug die eerse keer op Jamie se program gesien. Ek het hom al hoeveel keer gemaak, en elke keer is dit 'n wenner. Probeer hom maar gerus. (dis die eerste keer dat ek 'n resep traai verwoord, so "bear with me")

Bestandele:

1kg Koekmeel
500ml Water
Hand vol suiker
Hand vol sout
3 pakkies droe gis

So maak mens:

gooi koekmeel uit in ak of op plat oppervlak. Meng die droe bestandele by. Maak 'n gaaitjie in die middel en gooi nou van die water by. Meng alles lekker saam totdat jy 'n mooi gladde degie het. Werk hom maar lekker deur met die kneukels ook.
Rol dit nou in 'n bolletjie, en laat staan net so.

Vulsul:

6 gekookte eiers
1 Pakkie "sun dried" tamaties (Ina Paarman s'n in die sousie werk uitstekend) - net so terloops: As ek eendag dalk terugkom aarde toe, trou ek met Ina. Ek sal rol, maar wie gee om???
Hand vol "Basil" blare
So 12 plakkies "Parma Ham" - as jy nie "Parma Ham" kry nie, gebruik Salami
So 2 hande vol Mozerella kaas - of soveel as wat jy lus het voor.

So maak mens:

Sny die deeg in die helfte (die ander helfte gaan ons nou-nou by uitkom)
Rol dit in 'n lekker groot reghoek uit
Plaas nou die helfte van die ham in die middel sodat dit van een kant na die volgende le.
Plaas die gekookte en "geskilde" eiers op die ham (dit moet amper soos 'n eiertreintjie lyk)
Rangskik nou die Tamaties en Basil aan die weerskante en bo op die eiers.
plaas die ander helfte van die ham bo oor
Bestrooi met die kaas.

Nou vir die toevou:
Begin een kant en vou toe. Vou nou van die ander kant af en maak seker dis mooi geseel. Seel ook die kante af. Ek het gevind dat dit lekker werk as ek die Broodjie nou in 'n Sirkel vorm rangskik en die kante in mekaar inseel.

Sit dit op 'n bakplaat en bak teen +-180 vir so 30min.
Tip1: Dis nie nodig om te laat rys nie aangesien die Suiker die gis sal aktiveer.
Tip2: As jy sny, probeer om maar vir ekleen 'n eier raak te sny - anders is daar nou-nou 'n groot baklei.....
Tip3: Nie nodig vir iets anders vir ontbyt nie, behalwe vir Koffie. Dis baie vullend.

O-ja: Die ander helfte van die deeg:

Rol dit uit in 'n reghoek. Smeer met "nutella" sjokelade smeer en sny 'n paar piesang ringe in. Rol hom nou van een kant af op (sodat hy lyk soos 'n rol-koek) en bak ook vir so 30min. Lekkerrrrrrrr Jy kan natuurlik enige vulsel insit - net waarvoor jy lus het. Het al met Tuna gemaak (Bietjie droog - kort 'n sousie), hoender en Shrooms (Mmmmmmm), oorskiet Braavleis met 'n laaaaaaaaang sousie (pasop vir te nat), ens, ens, ens.

(Weg Tydskrif)