Tuesday 20 September 2016

Sampioentert





Sampioentert
Lewer 1 tert van 30 cm
Bereiding: 25 minute
Baktyd: 30 minute
125 g botter...
45 ml (3 e) koekmeel
500 ml (2 k) melk

3 eiers, geklits
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) gekookte ham, gekap
150 g sampioene, in skyfies gesny
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n tertpan van 30 cm.
Smelt die botter in ’n groot kastrol en roer die meel by. Roer goed, laat kook en voeg die melk geleidelik by. Hou aan roer tot die sous verdik het. Verwyder van die hitte.
Voeg die geklitste eiers, gerasperde cheddarkaas, ham en sampioene by en meng goed.
Skep in die voorbereide pan en bak 25-30 minute tot gestol.
WENK
Voeg gekapte en geblansjeerde spinasie by om ’n groenigheid aan die tert te verleen.