Tuesday 20 September 2016

Flop-vry: Feta-en-olyfbrood




Flop-vry: Feta-en-olyfbrood
Maak: 8-10 rolletjies
Bereidingstyd: 10 minute, plus rystyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 190 oC •...
1 kg klaarbereide brooddeeg (vra by jou supermark se bakkery) •
’n hand vol ontpitte swartolywe, grofgekap •
’n hand vol pikantrissies, grofgekap •
’n hand vol gekrummelde feta (jy kan gewone, swartpeper- of kruie-gegeurde feta gebruik) •
1 pakkie wituie-soppoeier •
250 ml room
1 Knie die helfte elk van die olywe, pikantrissies en feta in die deeg in. Verdeel die deeg in agt tot 10 stukke en rol elkeen in ’n bal.
2 Smeer die bodem van ’n roosterpan of groot broodpan met botter. Sit die deegballe in die pan. Laat dit eenkant op ’n warm plek rys tot dit verdubbel het in grootte. Meng die soppoeier en room saam en gooi dit oor die deeg. Sprinkel die res van die olywe, pikantrissies en feta oor.
3 Bak in die verhitte oond vir sowat 20 minute of tot deurgaar. Breek die brood om voor te sit. Heerlik by ’n braai.