Tuesday 20 September 2016

PORTOBELLO SAMPIOENE MET SPINASIE EN EIERS




PORTOBELLO SAMPIOENE MET SPINASIE EN EIERS
4 groot Portobello sampioene
Spinasieblare (vars – effe opgekook) (gevries – ontdooi)
3 eetlepels olyfolie
4 groot eiers...
Mozarella kaas

Sout en peper na smaak
Draai die oond tot by grill
Maak die sampioene skoon en verwyder die stam
Smeer olie aan buite en binnekant van die sampioene en gooi bietjie sout en peper oor
Plaas onder rooster vir so 3 tot 5 minute (oopkant na bo) Haal uit en sit eenkant
Stel die oond af na 175 C
Begin om die sampioene te pak. Sit van die spinasieblare in die sampioen, dan bietjie gerasperde mozzarella kaas, of selfs dun repies gesnyde kaas sal werk. Druk dit stewig vas in die sampioen en maak ‘n bakkie vir die eier. Breek versigtig ‘n eier oop in elke sampioengaatjie
Plaas hulle nou terug in jou oond en bak vir 15 tot 17 minute. Die tyd hang af van hoe gaar jy van jou eiers hou.
Bedien dadelik