Monday 26 September 2016

ROOSTERKOEK




ROOSTERKOEK

Lewer 30 roosterkoeke
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute...

Bestanddele:
10 x 250 ml (10 k) wit- of bruinbroodmeel
2 pakkies (10 g elk) kitsgis
125 ml (½ k) poeiermelk
12 ml (2½ t) sout
60 ml (¼ k) suiker
750 ml (3 k) louwarm water
60 ml (¼ k) margarien

Metode:
1.Meng al die droë bestanddele saam. Giet die louwarm water bietjie vir bietjie by tot ’n stywe deeg gevorm is. Knie die margarine by die deeg in.
2.Vorm in ’n bol, smeer met olie en laat rys tot dubbel die grootte op ’n warm plek.
3.Knie die deeg af en knyp balletjies af. Rol elke balletjie effens platter met ’n koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak.
4.Laat weer rys. Pak op ’n rooster.
5.Braai hoog op matige kole.
6.Draai gereeld en rooster tot dit hol klink as daarop geklop word. Sit voor saam met botter en gouestroop.

WENK
Bak vetkoek van die deeg.

van Huisgenoot