Monday 26 September 2016

BIER-BRAAIBROODJIES




BIER-BRAAIBROODJIES

Franse braaibrood en braaibroodjies in een, gemaak met bierbrood. Maar pleks van die brood in eier doop soos die Franse dit doen, word die eier by die vulsel ingemeng en die broodjies dan oor die kole gerooster

Lewer 4-6 braaibroodjies...
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd:
Brood: 40-45 minute
Braaibroodjies: 10-15 minute

BIERBROOD
500 g bruismeel
5 ml (1 t) sout
1 blik (340 ml) bier
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
’n bietjie sout

VULSEL
200 g gerasperde mozzarellakaas
2 eiergele
60 ml (¼ k) elk gekapte grasuie, basilie en pietersielie
60 ml (¼ k) sondroëtamatiepesto
sout en peper
olie vir smeer
•Voorverhit die oond tot 180 °C.
•Spuit ’n broodpannetjie met kossproei.
1.Bierbrood Meng alles en druk in die broodpan. Bak 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer op ’n
2.draadrak uit en laat heeltemal afkoel. Sny versigtig in skywe.
3.Vulsel Meng alles behalwe die pesto en geur met die sout en peper.
4.Smeer die broodskywe met die pesto, verdeel die vulsel tussen die helfte van die broodjiesnye en maak toebroodjies met die orige snye.
5.Smeer met die olie en braai op ’n rooster oor matige kole tot die kaas gesmelt en die broodjies goudbruin is. Sit dadelik voor.

van Huisgenoot