Monday 26 September 2016

Pastaslaai met hoenderborsies, aspersies en pesto




Pastaslaai met hoenderborsies, aspersies en pesto
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
...
• 4 hoenderborsies
• 200 ml hoenderaftreksel
• 100 ml pesto
• 400 g pasta, gaar
• 200 g aspersies
• 200 g kersietamaties
• 4 hardgekookte eiers
• roketblare
1. Kook die hoender in die aftreksel in ’n klein potjie tot net gaar (sowat 15 minute). Laat dit toe om effens af te koel, en vlok. Gebruik sowat 50 ml van die aftreksel waarin die hoender gaargemaak is, en meng dit met die pesto om ’n sous te vorm. Voeg dit saam met die hoender by die pasta en meng deur.
2. Stoom die aspersies tot net gaar, halveer die tamaties en eiers en meng saam met die roketblare deur die pasta. Sit dadelik voor.