Tuesday 20 September 2016

OUMA SE PAPSOUS




OUMA SE PAPSOUS

(Vir enigiets en alles)

Ons kosassistent Andrea Maskew onthou hoe haar ouma Peggy van Johannesburg hierdie sous elke Sondagmiddag vir pap saam met die braai gemaak het. ...

Die sous kan twee weke in ’n lugdigte houer in die yskas gebêre word, en dit vries ook baie goed.

Lewer 750 ml | Voorbereityd 5 minute| Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig:

• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 eetlepels botter
• 1 blikkie (410 g) tamatie-en-uie
• 2 eetlepels bruinsuiker
• 2 teelepels Dijon-mosterd
• 1 teelepel sout
• ½ koppie witwynasyn
• ½ koppie water
• ¼ koppie worcestersous

Só maak jy:

1. Soteer die uie en knoffel vir ongeveer 10 minute oor ’n lae hitte in die botter tot sag en deurskynend.

2. Voeg die res van die bestanddele daarby en laat dit vir 10 minute prut tot effens verdik. Verhit die sous en sit dit saam met pap voor. Dít wat oorbly, moet jy eers goed laat afkoel voordat jy dit in die ys- of vrieskas bêre.

3. Die sous is ook heerlik saam met gebraaide wors: Steek 1 rol wors met 2 lang sosatiestokke oorkruis vas om die wors in ’n stewige wiel bymekaar te hou. Smeer dit mildelik met die papsous en braai dit oor die rooster of in ’n pan. Elke keer as jy die worswiel omdraai, kan jy nog van die sous aansmeer.

Sit dit voor met met ’n skeppie warm sous en pap.