Friday 2 September 2016

Plaatkoekie-stokkies met kaneel



Plaatkoekie-stokkies met kaneel
genoeg vir 4
1 boks met plaatkoekie-mengsel (asook benodigdhede soos op boks aangedui)...
40 ml botter
60 ml kaneelsuiker

15 klein stokkies (of gehalveerde sosatie-stokkies)
100 g witsjokolade, gesmelt

Maak plaatkoekie-mengsel aan volgens aanwysings op verpakking. Verhit pan met botter en braai groot plaatkoekies tot goudbruin. Plaas plaatkoekies op bord en strooi dadelik kaneelsuiker oor om effens te smelt.

Sny plaatkoekies in sowat 3 – 4 repies. Rol elke repie op en steek vas met ’n stokkie. Plaas al die plaatkoekie-stokkies op ’n opdienbord en versier met gesmelte witsjokolade. Geniet terwyl dit warm is.

(Sarie)