Friday, 2 September 2016

Petro van Genderen se Rolkoek



Petro van Genderen se Rolkoek
4 eiers , geskei
50 ml koue water

250 ml strooisuiker
250 ml ongesifte koekmeel
5 ml bakpoeier
Knypie sout

5 ml vanielje
150 ml fyn konfyt
Smeer n rolkoekpan van 30x45 cm , voer dit met waspapier uit en smeer papier ook . Bestuif met n bietjie koekmeelblom en skud oortollige meel van papier af . Stel oond op 200 C en plaas oondrak in middel van oond .
Klits eiergele , water en strooisuiker baie goed saam tot dit bleekgeel en sponsagtig dik is . Sif meel en bakpoeier saam en vou dit bietjiesgewys met n metaallepel in eiergeelmeng in . Klits eierwitte en sout saam net tot stywe punte vorm . Roer n bietjie van die eierwit by eiergeelmeng en vou res van eierwit en vanielje dan liggies in . Skep deeg in pan en smeer gelyk . Bak 10 minute . Keer uit op n klam doek wat met suiker bestrooi is . Trek papier versigtig af en sny kort sye met n skep mes netjies . Verhit konfyt en smeer oor koek . Rol koek versigtig met behulp van die doek op . Sny kante netjies en laat minstens 30 minute op n draadrak afkoel .
Die geheim van rolkoek is om dit nie lank te bak nie en baie vinnig daarmee te werk na dit uit die oond gehaal is .

No comments:

Post a Comment